Junior Dieselwerktuigkundige
About the role
Besigheid & Rol
Maatskappy: Driehoek Kunsmis / dfert
Pos: Junior Dieselwerktuigkundige
Ligging: Bothaville
Doel van die pos: Ondersteun Senior Werktuigkundiges met die diens, herstel en instandhouding van die maatskappy se vloot dieselvoertuie en vurkhysers om praktiese ondervinding op te doen.
Responsibilities
Sleutelverantwoordelikhede
Assisteer met die diens, herstel en roetine-instandhouding van dieselvoertuie en -vurkhysers.
Uitvoer van basiese foutopsporing en meganiese herstelwerk onder toesig.
Verseker dat die werkswinkel, gereedskap en toerusting skoon en veilig gehou word.
Voltooiing van basiese werkkaarte en akkurate aantekening van onderdele wat gebruik is.
Nakoming van alle werkswinkel-veiligheidsregulasies en -prosedures.
Requirements
Vereistes en Kwalifikasies
Voltooide basiese dieselwerktuigkundige-modules of 'n toepaslike sertifikaat sal in jou guns tel.
1 tot 2 jaar praktiese ondervinding in 'n dieselwerkswinkel (skool- of internskap-ondervinding ingesluit).
Basiese kennis van diesel-enjins, hidroulika en algemene handgereedskap.
Geldige Suid-Afrikaanse bestuurderslisensie.
Hardwerkend, betroubaar en gretig om te leer by ervare tegnici.
Aansoekproses
E-pos: Stuur jou CV na cv@d-group.co.za
Persoonlik: Handig jou CV persoonlik by hul kantoor in.