Administratiewe Assistent/Ontvangsdame — Du Toit, Butler & Olckers Attorneys — The Go-To Guy Job Board

Administratiewe Assistent/Ontvangsdame

Du Toit, Butler & Olckers Attorneys
Parys · Full-time · Legal

About the role

SLUIT AAN BY ONS SPAN!

POS: ADMINISTRATIEWE ASSISTENT / ONTVANGSDAME

Du Toit, Butler & Olckers, 'n gevestigde prokureursfirma in Parys, soek 'n vriendelike, professionele en georganiseerde Administratiewe Assistent/Ontvangsdame om by hul span aan te sluit.

Responsibilities

Sleutelverantwoordelikhede:
Vriendelike ontvangs en hantering van kliënte en besoekers

Beantwoord en skakel telefoonoproepe deur na die regte personeel

Skeduleer afsprake en bestuur dagboeke

Algemene administratiewe take (liassering, data-invoer, dokumentasie)

Hantering van inkomende en uitgaande pos en e-posse

Voorbereiding van dokumente en korrespondensie

Bestel en beheer van kantoorbenodigdhede

Ondersteuning aan prokureurs en ander personeel met administratiewe take

Requirements

Vereistes:
Matriek (Graad 12) is 'n vereiste

Vorige ervaring in 'n administratiewe of ontvangsrol (voordelig, veral binne 'n regs- of professionele omgewing)

Vlot in Afrikaans en Engels (mondeling en skriftelik)

Rekenaarvaardig (MS Word, Excel, Outlook)

Uitstekende kommunikasie- en telefoonetiket

Sterk organisatoriese vaardighede en aandag aan detail

Vermoë om onder druk te werk en take gelyktydig te hanteer

Professioneel, betroubaar en netjies in voorkoms

Eie vervoer sal voordelig wees

Aansoeke:
Stuur asseblief 'n volledige CV met verwysings na admin@dtbo.co.za

Slegs kortlys-kandidate sal gekontak word.

Du Toit, Butler & Olckers

Attorneys | Conveyancers | Notaries

Apply on The Go-To Guy Job Board →

Browse all jobs in the North-West →