DIrekteur: Rugby
About the role
VAKANTE POS
DIREKTEUR: RUGBY
(Voltydse betrekking)
Die Rugbydirekteur is verantwoordelik vir die strategiese bestuur, ontwikkeling en groei van die skool se rugbyprogram, vanaf junior tot eerstespanvlak.
Responsibilities
PLIGTE:
Ontwikkel en implementeer die skool se rugbyvisie.
Bestuur die volledige rugbyprogram.
Werf, ontwikkel en ondersteun afrigters.
Beplan oefenprogramme en wedstrydkalenders.
Monitor spelerontwikkeling deur alle ouderdomsgroepe.
Bou goeie verhoudings met ouers, spelers en rugby-unies.
Bestuur die rugbybegroting en toerusting.
Bevorder goeie sportmanskap en dissipline.
VERANTWOORDELIKHEDE:
Bewese sukses met die ontwikkeling van elite skolerugbyspelers.
Ervaring met langtermyn-spelerontwikkeling.
Vermoë om 'n professionele rugbykultuur binne die skool te vestig.
Ervaring met prestasie-analise, krag- en kondisioneringsprogramme en talentidentifisering.
AANSOEKE:
Stuur 'n volledige CV, kwalifikasies en minstens drie kontakbare verwysings na:
BL Sport: jacques@koshcom.co.za
SLUITINGSDATUM: 10 SEPTEMBER 2026
AANVAARDING VAN DIENS: 1 JANUARIE 2027
Requirements
MINIMUM VEREISTES:
Bewese ervaring in die afrigting en bestuur van skolerugby.
Sterk leierskap- en bestuursvaardighede.
Uitstekende organisatoriese en kommunikasievaardighede.
Geldige bestuurslisensie (indien reis deel van die pos vorm).
Bereidheid om na-ure, naweke en vakansietyd by wedstrijde, oefeninge en toere betrokke te wees.
AANBEVOLE (VOORKEUR) KWALIFIKASIES:
Vlak 2 of hoër rugbyafrigtingskwalifikasie.
Ervaring as hoofafrigter van 'n eerstespan of senior span.
Ervaring in talentontwikkeling en speleridentifisering.
Ervaring in die bestuur van afrigters en sportprogramme.
PERSOONLIKE EIENSKAPPE:
Integriteit en professionaliteit.
Passie vir jeuglontwikkeling.
Spanbouer en mentor.
Selfgemotiveerd en energiek.
Vermoë om onder druk te werk.
Apply on The Go-To Guy Job Board →