Pakstasiebestuurder / Assistent Meganiese en Instandhoudingsoperateur – Eierpakstasie
About the role
VAKANTE BETREKKING
WILCO VAN DER SCHYFF BOERDERY
VENTERSDORP-DISTRIK – GRUISPAN
PAKSTASIEBESTUURDER / ASSISTENT
MEGANIESE EN INSTANDHOUDINGSOPERATEUR – EIERPAKSTASIE
Wilco van der Schyff Boerdery is 'n gevestigde gemengde boerdery in die Ventersdorp-distrik met 'n moderne eierpakstasie. Ons beskik 'n poste vir 'n PAKSTASIEBESTUURDER / ASSISTENT – MEGANIESE EN INSTANDHOUDINGSOPERATEUR – EIERPAKSTASIE.
Indien jy passie het vir mense, masjinerie en doeltreffende produksie, is hierdie die pos vir jou!
Responsibilities
VERANTWOORDELIKHEDE:
Bestuur en ondersteuning van die eierpakstasie se daaglikse bedrywighede.
Meganiese en elektriese instandhouding van pakstasie toerusting en fasiliteite.
Voorkom stilstand deur voorkomende instandhouding en foutopsporing.
Verseker hoë standaarde van higiëne, veiligheid en meganiese kwaliteit.
Bestuur personeel en help met opleiding en ontwikkeling.
Rapporteer aan die plaasbestuurder.
ONS BIED:
'n Mededingende salaris en voordele.
Stabiele werksomgewing met groeimoontlikhede.
Werking in 'n dinamiese en moderne boerdery.
Indien jy aan die vereistes voldoen en deel wil wees van 'n toegewyde span, solliciteer nou!
E-pos jou CV na: danica@wvds.co.za
SLUITINGSDATUM: 30 SEPTEMBER 2026
SLEGS ERNSTIGE NAVRAE.
Requirements
POSVEREISTES:
Ten minste 3 jaar toepaslike ondervinding in die spesifieke bedryf.
Hardwerkend, eerlik en met sober gewoontes.
Vermoë om selfstandig te werk.
Goeie menseverhoudinge en die vermoë om goed met mense saam te werk.
Rekenaarvaardig.
Goeie administratiewe vaardighede.
Netjies en professioneel in alle opsigte.
Goeie kennis en ondervinding van elektriese en meganiese instandhouding.
Apply on The Go-To Guy Job Board →