Krediteure en Administratiewe Persoon. — Eggchoice (Pty) Ltd — The Go-To Guy Job Board

Krediteure en Administratiewe Persoon.

Eggchoice (Pty) Ltd
Potchefstroom · Full-time · Other

About the role

Eggchoice (Pty) Ltd is op soek na 'n georganiseerde, betroubare en hardwerkende persoon om by ons span aan te sluit as 'n Krediteure en Administratiewe Persoon.

Responsibilities

Hoofverantwoordelikhede
Verwerking en bestuur van krediteurrekeninge binne die groep.

Beheer, verwerking en vaslegging van verskafferfakture en afleweringsnotas op die stelsel.

Opstel, verwerking en kontrolering van kredietnotas.

Opstel van relevante administratiewe en finansiële verslae.

Algemene administratiewe en finansiële ondersteuning.

Daaglikse opvolg en kommunikasie met verskaffers waar nodig.

Requirements

Minimum Vereistes
Graad 12 / Matriek.

Minimum 5 jaar toepaslike ervaring in krediteure.

Goeie administratiewe en kommunikasievaardighede.

Eerlik, betroubaar en selfgemotiveerd.

Goeie rekenaarvaardighede.

Vermoë om akkuraat en doeltreffend onder druk te werk.

Goeie aandag aan detail en sterk organisasievaardighede.

Ons Bied
'n Ondersteunende en professionele spanomgewing.

Werksure: 07:30 – 16:30.

'n Geleentheid om deel te wees van 'n gevestigde en groeiende onderneming.

Salaris sal tydens die onderhoud bespreek word.

AANSOEKE: admin@eggchoice.co.za

SLUITINGSDATUM: 11 SEPTEMBER 2026

Apply on The Go-To Guy Job Board →

Browse all jobs in the North-West →