Finansiële Beampte — Die Hoërskool Wagpos- Brits — The Go-To Guy Job Board

Finansiële Beampte

Die Hoërskool Wagpos- Brits
Other · Full-time · Education and Training

About the role

Sluitingsdatum: 21 September 2026
Aanvangsdatum: So gou as moontlik.

Stuur asseblief u volledige CV, met kontakbesonderhede van minstens twee referente, na hr@wagposhs.co.za

Die Beheerliggaam van Die Hoërskool Wagpos behou die reg voor om die pos nie te vul nie.

Responsibilities

DIE HOËRSKOOL WAGPOS
Afrikaans • Christelik • Uniek

FINANSIËLE BEAMPTE

HOOFVERANTWOORDELIKHEDE:

Die suksesvolle kandidaat sal onder andere verantwoordelik wees vir:

Daaglikse finansiële administrasie en rekordhouding.

Hantering van debiteure en krediteure.

Voorbereiding en verwerking van betalings en fakture.

Opvolg van uitstaande skoolfooie en ander betalings.

Bankrekonsiliasies en algemene boekhoudkundige take.

Voorbereiding van finansiële verslae en ondersteuning met begrotings.

Beheer en instandhouding van akkurate finansiële rekords.

Hantering van navrae van ouers, personeel en verskaffers.

Nakoming van skoolbeleide en toepaslike finansiële prosedures.

Algemene kantoor- en administratiewe ondersteuning waar nodig.

Requirements

MINIMUM VEREISTES:

Graad 12 / NQF-vlak 4.

'n BCom-graad in Rekeningkunde, Finansiële Rekeningkunde of ekwivalent, is 'n vereiste.

Ervaring in 'n skool- of kleinhandelomgewing is 'n vereiste.

Goeie rekenaarvaardighede, veral in Microsoft Excel.

Kennis van finansiële sagteware sal voordelig wees.

Uitstekende organisatoriese en administratiewe vaardighede.

Akuraatheid en aandag aan detail.

Die vermoë om onafhanklik sowel as binne 'n span te werk.

Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede.

Hoë vlakke van integriteit en vertroulikheid.

Apply on The Go-To Guy Job Board →

Browse all jobs in the North-West →