Ontvangsdame / administratiewe klerk
About the role
Hoërskool Ferdinand Postma High School
TROTS • TRADISIE • TOEKOMS
BEHEERLIGGAAMAANSTELLING
VAKANTE POS 2026:
ONTVANGSDAME / ADMINISTRATIEWE KLERK
📍 POTCHEFSTROOM
Hoërskool Ferdinand Postma is op soek na 'n vriendelike, professionele en toegewyde ontvangsdame / administratiewe klerk. Hierdie is 'n unieke geleentheid om deel te wees van 'n vooruitstrewende span waar samewerking, doeltreffendheid en 'n positiewe werkshouding hoog aangeskryf word.
Responsibilities
KRITERIA:
Vlot in Afrikaans (Engels magtig).
Uitstekende kommunikasie (positiewe, vriendelike interaksie met personeel, besoekers, ouers en leerders).
Goeie rekenaarvaardighede (MS Office, CANVA, e-pos, ens.).
Georganiseerde werkswyse en sistematiese beplanning.
Moet onder druk kan funksioneer.
Vermoë om selfstandig inisiatief te neem en probleme pro-aktief op te los.
Energieke, dinamies en entoesiasties.
Bekwaam in SA-SAMS / SASPAC-stelseladministrasie en -beheer is 'n voordeel.
Ervaring in skooladministrasie en skoolbestuur is 'n voordeel.
Vaardig in die bestuur van skakelbord en ontvangsarea, en die handhawing van 'n professionele beeld van die skool.
Kennis van 'n liaseerstelsel / argiefstelsel (Edlab – leerderlêers).
Bereidwillig om ekstra ure te werk wanneer nodig.
Requirements
VEREISTES:
Matrieksertifikaat (enige bykomende kursusse / relevante kwalifikasies is 'n voordeel).
Vorige ontvangs- of administratiewe ervaring sal 'n aanbeveling wees.
Geldige bestuurslisensie en eie vervoer.
AANVANGSDATUM: 01 Oktober 2026
AANSOEKE SLUIT: 16 September 2026 (12:00)
STUUR JOU AANSOEK AAN: admin@ferdies.co.za
SLUIT ASSEBLIEF DIE VOLGENDE IN:Dekbrief, volledige CV, kopie van jou ID-dokument.
Let wel: Indien jy nie binne 5 werksdae na die sluitingsdatum terugvoer ontvang het nie, aanvaar asseblief dat jou aansoek ongelukkig nie suksesvol was nie.
Apply on The Go-To Guy Job Board →