Bemarker en Skakelbeampte vir 2027 — Laerskool La Hoff — The Go-To Guy Job Board

Bemarker en Skakelbeampte vir 2027

Laerskool La Hoff
Klerksdorp · Full-time · Education and Training

About the role

📢 VAKATURE | BEMARKER EN SKAKELBEAMPTE 📢
Het jy ’n kreatiewe oog, ’n passie vir bemarking en die vermoë om idees in aksie te omskep?
Laerskool La Hoff het ’n vakature beskikbaar vir ’n Bemarker en Skakelbeampte!

Algemene Inligting
Skool: Laerskool La Hoff ("Waar elkeen saakmaak")
Betrekking: Bemarker en Skakelbeampte
Pos tipe: Beheerliggaampos
Beskrywing: Laerskool La Hoff is op soek na 'n kreatiewe, dinamiese en georganiseerde persoon om die skool se bemarkings- en kommunikasiefunksie te ondersteun en te bestuur.
Sluitingsdatum: 6 November 2026 om 12:00
Aanvangsdatum: 1 Januarie 2027

Responsibilities

Pligte en Verantwoordelikhede
Bestuur en bevorder die skool se eksterne en interne kommunikasie.
Ontwerp plakkate, nuusbriewe, digitale plasings en ander bemarkingsmateriaal.
Bestuur die skool se digitale platforms en bestuur van sosiale media.
Neem en redigeer foto's en video's van skoolaktiwiteite, sport en geleenthede.
Bemark skoolgeleenthede, projekte en fondsinsamelings.
Skakel direk in by La Hoff-ondersteunersklub.
Kommunikeer met borge en ondersteuners en bou verhoudings.
Werk saam met die skool se bestuur, personeel, afdelings en sport om inligting betyds en akkuraat te versprei.
Stel die maandelikse digitale nuusbrief (Hoffie Nuus) saam en behartig advertensies.
Handelsmerk- en korporatiewe identiteitsbestuur.
Dra by tot die positiewe beeld en skoolgees van Laerskool La Hoff.

Requirements

Vereistes
Relevante kwalifikasie in bemarking, kommunikasie, grafiese ontwerp of 'n verwante veld.
Goeie kennis van Canva en ander ontwerp- en redigeringsprogramme.
Ervaring met digitale bemarking en bestuur van sosiale media.
Uitstekende skryf- en kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels).
Kreatief, neem eie inisiatief, georganiseerd en detailgeoriënteerd.
Vermoë om onafhanklik te werk en sperdatums te haal.
'n Passie vir skoolgees, onderwys en die La Hoff-gemeenskap.
Goeie menseverhoudinge en spanwerkvaardighede.
Geldige bestuurslisensie.
Gewillig om buite skoolure en naweke te werk.

AansoekeAlle belangstellendes word genooi om 'n volledige CV, 'n kort motiveringsbrief en relevante voorbeelde van werk (bv. ontwerpwerk en bestuur van sosiale media) te stuur na:E-pos: lahoff@lahoff.co.za

Apply on The Go-To Guy Job Board →

Browse all jobs in the North-West →