Intermediêre fase onderwyser - Vak: Afrikaans vir 2027
About the role
Wil u graag deel word van ’n dinamiese en passievolle onderwysspan?
Laerskool Saamtrek is op soek na ’n toegewyde Intermediêre fase onderwyser - Vak: Afrikaans om vanaf 1 Januarie 2027 by ons span aan te sluit.
Indien u ’n liefde vir kinders het, passievol is oor vroeë kinderontwikkeling en graag saam met ons aan klein mensies se groot drome wil bou, stuur gerus u CV aan.
Responsibilities
Belangrike Datums en Aansoekbesonderhede
Aanstellingsdatum: 1 Januarie 2027
Sluitingsdatum: 26 November 2026
Stuur aansoeke aan: bennie@saamtrek.co.za
Requirements
Kriteria en Vereistes
Onderwyskwalifikasie met Afrikaans as hoofvak: B-Ed Intersen / Seniorfase.
Geldige registrasie by SACE.
Goeie rekenaarvaardighede en vertroud met tegnologie in die klaskamer.
Betrokkenheid by buitemuurse aktiwiteite van die skool.
Die handhawing van goeie onderwyspraktyke, klaskamerbestuur en dissipline.
Behalwe vir ’n passie vir onderwys, moet die kandidaat ook entoesiasties, energiek en positief wees.
Menseverhoudinge, asook die bereidwilligheid om uitmuntende akademiese standaarde te handhaaf, is van die grootste belang.