Finansiële Administratiewe Beampte — Hoërskool Fochville — The Go-To Guy Job Board

Finansiële Administratiewe Beampte

Hoërskool Fochville
Other · Full-time · Education and Training

About the role

Hoërskool Fochville, geleë in Fochville, nooi gemotiveerde en betroubare kandidate uit om aansoek te doen vir die pos van Finansiële Administratiewe Beampte.

Posbeskrywing en Pligte
Hanteer daaglikse finansiële administrasie, insluitend die invordering en toedeling van skoolgeld.
Stel fakture en kwitansies op en volg uitstaande debiteure op.
Doen bankrekonsiliasies en bestuur die kleinkas.
Berei maandelikse finansiële verslae vir die skoolhoof en die beheerliggaam voor.
Help met die jaarlikse begroting en ouditvoorbereiding.
Hanteer algemene kantooradministrasie en ouers se navrae oor rekeninge.

Responsibilities

Vergoeding en Diensaanvaarding
Vergoeding: ’n Markverwante salarispakket word aangebied, onderhandelbaar volgens kwalifikasies en ondervinding.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Aansoekproses en Navrae
Rig jou aansoek aan die skoolhoof en sluit die volgende in:
’n Volledige CV Gewaarmerkte afskrifte van jou kwalifikasies en ID-dokument
Minstens twee verwysings met kontakbesonderhede
E-pos: fochies@lantic.net
Navrae: Me. Nortjé | 082 314 6337

Requirements

Vereistes
’n Tersiêre kwalifikasie in Finansiële Bestuur of Boekhouding is ’n aanbeveling.
Ondervinding in ’n finansiële of boekhou-omgewing.
Kennis van skooladministrasie- en rekeningkundige sagteware (bv. SA-SAMS, Pastel, Sage of soortgelyk) is ’n sterk aanbeveling.
Uitstekende rekenaarvaardighede, veral in MS Excel.
Goeie menseverhoudinge, vertroulikheid en die vermoë om onder druk te werk.
Volledig tweetalig in Afrikaans en Engels.
Die pos vereis dat die kandidaat ná ure asook tydens skoolvakansies kan werk.

Apply on The Go-To Guy Job Board →

Browse all jobs in the North-West →