Intersen Beheerliggaampos
About the role
📢 VAKANTE POS: INTERSEN BEHEERLIGGAAMPOS
🍎 Laerskool Baillie Park nooi entoesiastiese en toegewyde onderwysers om aansoek te doen vir ’n Intersen Beheerliggaampos met aanvang Januarie 2027.
📅 Sluitingsdatum: Vrydag, 27 November 2026 om 12:00.
📧 Aansoeke: admin@bailliepark.co.za
Responsibilities
Pos: Intersen Beheerliggaampos
Aanvangsdatum: Januarie 2027
Vergoeding: 'n Markverwante vergoedingspakket word aangebied.
Aansoekdokumente:'
n Kort dekbrief.
'n Volledige CV met vakspesialisasies, onderrigervaring en buitemuurse vaardighede.
Gewaarmerkte afskrifte van matrieksertifikaat/-resultate, toepaslike kwalifikasies, ID-dokument en SARO-registrasiesertifikaat.
Sluitingsdatum: Vrydag, 27 November 2026 om 12:00
Hoe om aansoek te doen: E-pos volledige aansoek aan admin@bailliepark.co.za met Intersenpos as die onderwerp. (Slegs kandidate op die kortlys sal binne 7 dae ná die sluitingsdatum gekontak word).
Requirements
Posvereistes
:'n Erkende onderwyskwalifikasie vir die Intermediêre Fase, Senior Fase, of albei.
Geldige registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (SARO).
Goeie kennis van die KABV en die vermoë om doeltreffend in Afrikaans klas te gee.
Onderrigervaring in een of albei fases sal as 'n aanbeveling dien.
Vaardighede en Betrokkenheid:
Goeie organisasie-, kommunikasie- en klaskamerbestuursvaardighede.
Die vermoë om goed in 'n span saam te werk en tegnologie doeltreffend in die klaskamer te gebruik.
Bereidwilligheid om volgens eie vaardighede by sport, kultuur of ander buitemuurse aktiwiteite betrokke te raak.