Kunstehoof vir 2027 — Potchefstroom Gimnasium — The Go-To Guy Job Board

Kunstehoof vir 2027

Potchefstroom Gimnasium
Potchefstroom · Full-time · Education and Training

About the role

Potchefstroom Gimnasium Posbeskrywing:
Die Kunstehoof sal verantwoordelik wees vir die algehele bestuur, ontwikkeling en strategiese groei van die skool se kunste- en kultuurprogram en -aktiwiteite. Die program sluit 'n verskeidenheid aktiwiteite in, soos redenaars, debat, dans, musiek, drama en ander kulturele aktiwiteite. Die rol fokus op die bevordering van deelname, kreatiwiteit en uitnemendheid, asook die ontwikkeling van leerders en personeel. Verder behels dit operasionele bestuur, bemarking, werwing en strategiese verhoudingsbou om die groei en volhoubaarheid van die kunsteprogram en -aktiwiteite te bevorder.

Responsibilities

Vergoeding: Mededingende salaris en voordele-pakket
Aansoeke sluit 30 Oktober 2026
Aanvangsdatum is 1 Januarie 2027 (of soos ooreengekom)
Vir meer inligting rakende die vakature, volg gerus die skakel op die Facebook-plasing E-pos u CV na aansoeke@gimmies.co.za

Indien u geen terugvoer teen 9 November ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.
Reg voorbehou om nie die posisie te vul nie.

Requirements

VAKATURE: KUNSTEHOOF Potchefstroom Gimnasium, 'n toonaangewende skool met 'n trotse tradisie van akademiese-, kuns- en sportuitnemendheid, is op soek na 'n dinamiese en ervare Kunstehoof.

Apply on The Go-To Guy Job Board →

Browse all jobs in the North-West →