Sentrumbestuurder
About the role
Amelia Nasorgsentrum [Potchefstroom] is 'n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat 'n veilige, stimulerende en deernisvolle tuiste/dagsentrum bied aan volwassenes met intellektuele gestremdhede. Ons streef daarna om elke inwoner se waardigheid te beskerm en hul volle potensiaal te ontwikkel. Ons is op soek na 'n dinamiese, deernisvolle en strategiese Sentrumbestuurder om deel van ons toegewyde span te word.
Wat behels die rol:
Die Sentrumbestuurder is verantwoordelik vir die algehele operasionele, finansiële en administratiewe bestuur van die sentrum. Jy sal toesien dat die hoogste standaard van sorg gehandhaaf word, terwyl jy wetlike voldoening, inwonerswelsyn, personeelwelsyn en die organisasie se volhoubaarheid verseker.
Responsibilities
Sleutelverantwoordelikhede
Daaglikse fasiliteits- en operasionele bestuur.
Leiding, motivering en prestasiebestuur van personeel.
Begrotingsbeheer en koste-effektiewe aankope.
Voldoening aan DSD- en gesondheidsregulasies.
Skakeling met belanghebbendes (ouers, voogde, donateurs en die gemeenskap).
Werksure en Kontrakbesonderhede
Werksure: Maandag tot Vrydag, 08:00–13:00.
Aanvang: 1 Desember 2026 (onderhandelbaar).
Salaris: Markverwante NPO-salarispakket.
AansoekbesonderhedeE-pos vir Aansoeke: management@amelianasorgcentrum.org.za
Sluitingsdatum: 25 Oktober 2026
Requirements
Vereistes en Kwalifikasies
Kwalifikasies:
'n Matrieksertifikaat en toepaslike tersiêre kwalifikasie.
Ervaring: Minstens 3–5 jaar se bestuurservaring.
Taal: Uitstekende kommunikasievaardighede in Afrikaans.
Tegniese Vaardighede: Sterk administratiewe en MS Office-vaardighede.
Lisensie en Klarings:'n Geldige kode bestuurslisensie.
'n Skoon rekord; toepaslike klarings sal vereis word.
Persoonlike Eienskappe: Geduld, integriteit en 'n passie om met volwassenes met intellektuele gestremdhede te werk.